back  

Kliniese geval: ileum

 
'n 25-jarige manlike student presenteer met koors, abdominale pyn, diaree and kla van moegheid. He sê ook dat hy gewig verloor het.

'n Fisiese ondersook toon 'n teerheid in die regter onderste kwadrant met 'n volheid van die dunderm lusse. 'n Laparotomie toon dat die terminale ileum hiperemies met die mesenterie en mesentriese limfknope geswolle en rooi hoewel die wand buigbaar was.

'n Diagnose van Crohn se siekte is gemaak.

  • Wat is die lae van die dunderm?
  • Watter epiteliale selle is teenwoordig in die epiteellaag van die mukosa?
  • Watter selle kom in die kripte van Lieberkuhn voor en watter rol speel hulle?
  • Wat is karakteristiek van die limffollikels van die dunderm en wat word hulle genoem?
  • Hoe verskil die ileum van die duodenum histologies?
 
back

© mei 2000 marius loots