| Parasimpatiese ganglion | Plaatjie 42 (H & E) |
| Kliniese geval |
|---|
|
Gedurende jou huisdokter jaar in 'n plattelandse hospitaal, word jy deur 'n bekommerde ma geraadpleeg. Haar baba seuntjie het 'n massiewe geswolle buik en dermbewegings is afwesig.
Gedurende rektale onsersoek word geen feces in die ampulla gevind nie, en die anale sfinkter is normaal. 'n Barium enema dui 'n vernoude segment in die rektosigmoïed, met massiewe dilatasie na bo aan. Jy vermoed Hirchsprung se siekte, 'n kongenitale afwyking as gevolg van die afwesigheid van enteriese neurone (ganglione) in die distale kolon en rektum, en besluit on die pasiënt na 'n pediatriese chirurg te verwys vir kolon biopsie.
|
| Mikroskopie |
|---|
|
'n Hoë vergroting van 'n parasimpatiese ganglion van die Auerbach pleksus van die spysverteringskanaal. Hierdie voorbeeld van 'n parasimpatiese ganglion is in die kolon geleë.
Fig 042-004 |
| Memorandum | |
|---|---|
| Kliniese Geval | Fig 42-004 |
© april mm marius loots