back  

Kliniese geval: Pankreas

 
'n Pasiënt met 'n predisposie tot pankreatitis presenteer met erge en konstante abdominale pyn, naarheid, tagikardie en 'n abnormale bevinding by abdominale ondersoek.

Laboratorium ondersoeke toon leukositose en hiperglisemie. Die diagnose word bevestig deur verhoogde serum amilase vlakke.

  • As watter kliertipe word die eksokriene pankreas geklassifiseer?
  • Hoe sou jy die samestelling van 'n asinus beskryf?
  • Watter sones kom in die selle van 'n asinus voor?
  • Van watter strukture van die pankreas maak die sentro-asinêre selle deel uit?
  • Watter tipes afvoerbuise word in die pankreas aangetref?
 
back

© februarie 2001 - oktober 2007 marius loots