back  

Kliniese geval: Nier

 
'n Middel jarige vroulike pasiënt met lank bestaande sistemiese lupus erythematosus is met die eind stadium van proliferatiewe lupus nefritis gediagnoseer na die resultate van 'n naald biopsie tubulo-interstisiële veranderinge deur die aktiewe infiltrasie van inflammatoriese selle, tubulêre atrofie en interstisiële fibrose aangetoon het. Die glomerulëre kapillêre wand het ook skade gewys.
  • Wat is die funksionele eenheid van die nier?
  • Wat is die komponente van 'n renale liggaampie?
  • Wat is die verskil tussen 'n afferente en efferente arteriool?
  • Wat is die verskil tussen die vaskulëre en urinêre pole?
  • Hoe verskil die epiteel van die parietale laag van Bowman van dié van die visserale laag?
  • Wat is die medullêre strale of Fereinstrepe?
  • Hoe word histologies tussen die proksimale en distale kronkelbuise onderskei?
 
back

© februarie 2001 - oktober 2007 marius loots