back

Epitele

Onderskei tussen oppervlaks-epiteel en klierepiteel

Algemene kenmerke van oppervlaks epiteel

 
  • Besit geen bloedvoorsiening
  • Selle is gerangskik om 'n koherente plaat te vorm met min of geen ekstrasellulêre matriks tussenin
  • Vertoon 'n vry oppervlakte - apikale oppervlakte
  • Die teenoorgestelde oppervlak adheer aan die ekstrasellulêre basaal membraan - basale oppervlakte
  • Vertoon polariteit - apikaal, luminaal en laterale oppervlaktes vertoon strukturele spesialisasie
  • Epiteel selle is gespesialiseerd vir absorpsie, sekresie en kan ook as versperring dien
  • Laterale oppervlaktes vertoon hegtingskomplekse vir intersellulêre koherensie en kommunikasie
  • Een tipe epiteel kan na 'n ander tipe verander - metaplasie bv die vervanging van plaveisel epiteel in die esophagus deur silinder epiteel (Barrett's esophagus) agv refluks esofagitus
  • Coetzee et al p43
  • Stevens en Lowe p33-34
  • Wheater p80

Membraan spesialisasie in epiteel

 

Laterale oppervlakte

Individuele selle word aanmekaar geheg deur spesiale strukture wat in die epiteel teenwoordig is. Twee hoof hegtingstipes kan onderskei word:
  1. Sel membraan proteïene wat dien as gespesialiseerde sel adhedsie molekules (CAMs = cell adhesion molecules)
  2. Gespesialiseerde areas van die membraan wat geïkorporeer word in selhegtings.

    Drie tipes kan onderskei word: occludens hegtingstipe, adherens hegtingstipe en neksus hegtingstipe

    • Occludens hegtingskomplekse bind selle aanmekaar sodat dit 'n ondeurdrigbare skeiding vorm
      • Zonula occludens of vaste hegtingstipe

    • Adherens hegtingskomplekse bind die sitoskelet van die selle aan mekaar en aan twee onderliggende lae
      • Zonula adherens verskaf meganiese krag
      • Macula adherens of desmosome verskaf meganiese krag aan weefsel waar daar spankrag teenwoordig is soos bv in die vel

    • Sel-sel kommunikasie word moontlik gemaak deur neksus hegtingkomplekse
      • Neksusse of die gapings hegtingstipe laat vinnige kommunikasie vir gekoördineerde reaksies toe

Luminale oppervlakte

  • Mikrovilli - kort vinger-agtige projeksies van die sel membraan om die oppervlaks area te vergroot, sigbaar met LM

  • Silia - haar-agtige oppervlaks projeksies van die selle wat betrokke is in vervoer, sigbaar met 'n LM
  • Glikokaliks - dun ekstrasellulêre laag wat bestaan uit glikoproteïen en suiker residue; kleur positief met PAS; kan optree as 'n ensiem; CAM of vir sel herkenning

Basale oppervlakte

  • Basale interdigitasies of voue - vergroot oppervlaks area
  • Coetzee et al p43-46
  • Stevens and Lowe p35-38
  • Wheater p80

Sekretoriese aanpassings

 
  • Proteïen-sekreterende epiteel selle het groot kerne en baie growwe ER (rER)
  • Musien-sekreterende epiteel selle het 'n uitgebreide Golgi sisteem
  • Steroïed-sekreterende epiteel selle het 'n uitgebreide gladde ER (sER)
  • Ioon-pomp epiteel selle het baie mitochondria en 'n groot oppervlaks area

Klassifikasie

 

Volgens die aantal sellae

  • Eenvoudig - enkel laag
  • Meerlagig - 2 of meer lae
  • Pseudomeerlagig - 'n enkel laag waarvan die kerne op verskillende vlakke lê in die sel. Al die selle is in kontak met die basaal membraan, maar nie al die selle bereik die apikale oppervlak nie. Beide hierdie karakterestieke lei tot die illusie van meer lae selle.

Volgens die sel se vorm in snitte reghoekig tot die oppervlak

  • Plaveisel(meerlagig plat) - afgeplatte dun selle met min sitoplasma en 'n prominente kern
  • Endoteel - plaveisel epiteel in die kardiovaskulêre sisteem
  • Mesoteel - plaveisel epiteel afkomstig van die mesoderm wat sereuse membrane en holtes uitvoer
  • Kubies - sel hoogte, wydte en diepte is dieselfde, ronde kern min of meer in die middel in die sel
  • Sillindries - sel hoogte is groter as die wydte, kern is ovaal vormig
  • Uroteel - meerlagig, boonste laag is sambreel vormig
  • Coetzee et al p47 & 57
  • Stevens and Lowe p33-34
  • Wheater p80

Mikroskopiese identifikasie van selle

  Daar is geen geheim omtrent histologie nie.

Meeste van die tyd kan selle, weefsel en organe geïdentifiseer word deur 'n paar eenvoudige voor-die-hand liggende kretria te gebruik. Probeer om in jou gedagtes 'n vloei diagram voor te stel: is al die selle van dieselfde (weefsel) soort of is daar verskillende sel tipes spesifiek (orgaan) gerangskik: As jy besluit op 'n orgaan, is dit hol of solied?

Kom ons kyk meer spesifiek na epiteel:

  • Besluit of dit eenlagig of meerlagig is
  • Besluit watter vorm die selle het
  • Besluit wat die vorm van die kern is
  • Besluit waar die kern geleë is
  • Is daar spesialisasies teenwoordig op die apikale oppervlak?
Indien jy bogenoemde vrae almal geantwoord het, kan jy die epiteel klassifiseer en dus die epiteel identifiseer.

Onthou:

  • Begin met die laagste moontlike vergroting
  • Moet nooit op kleur staat maak nie, kyk na die morfologie
  • Moet nooit foto's vanuit die atlas, mikroskoop of rekenaar probeer memoriseer nie

Siekte toestande wat epiteel beïnvloed

  Meeste lugweg en renale siektes affekteer epiteel selle of die onderliggende basaal membraan, terwyl kankers van die epiteel algemeen voorkom.
back


© julie 2002 - julie 2008 marius loots