back  

Klierepiteel

 

Eksokriene kliere

Eensellige kliere

Plaatjie41: Ileum Die volgende twee beelde illustreer die struktuur van 'n eensellige klier.

Eenvoudige meersellige kliere

Plaatjie 42: kolon Hierdie plaatjie illustreer 'n eenvoudige reguit tubuleuse klier.

Kliniese geval
'n 26-jarige baie gesette manlike pasiënt besoek sy huisdokter en kla van oormatige sweet wat hom groot verleentheid besorg.

Sy dokter verduidelik dat hy 'n toestand genoem hiperhidrose het wat die oormatige produksie van sweet is en wat as gevolg van sy oorgewig veroorsaak word. Die oormatige sweet is 'n poging van sy liggaam om hitte te verloor.

  • Wat is die verskillende strukture van 'n merokriene sweetklier?
  • Hoe verskil hierdie strukture histologies van mekaar?
  • Waar open merokriene sweetklier op die liggaam?
  • Watter ander tipes sweetkliere word in die liggaam gevind en waar kom hierdie kliere voor?
Plaatjie 93: Vel Hierdie plaatjie word gebruik om die struktuur van 'n eenvoudige gekronkelde tubuleuse klier te illustreer.

Kliniese geval
'n 18-jarige vrou bring 'n besoek aan 'n dermatoloog omdat sy puisies op haar ken, bors en rug het. Sy sê dat sy puisies en swartkoppies in dieselfde areas vandat sy 13-jaar oud is reeds het. Haar huisdokter het haar vertel dat sy acne vulgaris het en mettertyd dit sal ontgroei. Sy raak nou baie bekommerd omdat wanneer elke letsel genees dit 'n litteken agterlaat. Haar dermatoloog vertel haar dat haar aknee deur 'n toename in afskeiding van talg en verstopping van die afvoerbuis veroorsaak word. The inflammatoriese reaksie wat ontwikkel kan deur die toediening van sistemiese antibiotika en lokale steroïede suksesvol behandel word.
  • Noem al die plekke waar talgkliere in die liggaam gevind word.
  • Waar open die afvoerbuise van talgkliere gewoonlik?
  • Op watter manier word die talg deur die selle afgeskei?
Plaatjie 95: Kopvel Die volgende figuur illustreer die struktuur van 'n eenvoudige alveolêre klier.

Saamgestelde meersellige kliere

Plaatjie 50: Pankreas Hierdie plaatjie word gebruik om die struktuur van 'n saamgestelde tubulo-alveolêre klier te illustreer.
 

Afskeiding van verskillende tipes sekreet

Analogie
Plaatjie 35: Submandibulêre speekselklier Struktuur en rangskikking van die selle van 'n suiwer sereuse sekretoriese eenheid.
Plaatjie 39: Faringeale buis (Buis van Eustachius) Struktuur van musineuse en gemengde kliere.
Plaatjie 7: Tongpunt Struktuur van musineuse en gemengde kliere.

Endokriene kliere

Plaatjie 52: Hipofise Rangskikking van die klierselle in groepies om sinusoïede.
Plaatjie 55: Tiroïed Rangskikking van die klierselle in follikels.
Plaatjie 56: Bynier Rangskikking van klierselle in groepies en koorde om die bloedvat.
Plaatjie 50: Pankreas Rangskikking van klierselle in eilande.

back


© augustus 2002 - augustus 2007 marius loots