![]() |
Bindweefsel of ondersteunings weefsel |
---|
Die derde germinatiewe laag van die embrio, die mesoderm vorm gedurende die derde week van ontwikkeling. Die weefsel wat gevorm word by die mesodermale selle staan bekend as mesenkiem en dit is vanaf mesenkiem selle wat die verskillende bindweefsels van die liggaam ontwikkel. In die verlede is die strukturele rol van bindweefsel oorbeklemtoon terwyl die metaboliese ondersteunings funksie verwaarloos is, daarom verkies die meeste outeurs vandag die benaming van ondersteunings weefsel eerder as bindweefsel.
Bindweefsel is saamgestel uit verskeie makromolekules, waarvan baie ook deel vorm van die long, nier, die wande van bloedvate, die glasagtige jellie van die oog, en die sinoviale vloeistof. Meeste organe en weefsels bevat klein hoeveelhede van die selfde makromolekules versamel in membrane en septa.
Dus bevat feitlik alle strukture bindweefsel.
In teenstelling met epiteel, wat geen of min ekstrasellulêre materiaal bevat, bestaan bindweefsel hoofsaaklik uit ekstrasellulêre matriks (ESM) waarin 'n paar selle ingebed is. Die ekstrasellulêre matriks bestaan uit ten minste 19 verskillende tipes kollagene, die verwante fibreuse proteïene bekend as elastin en fibrillin, 'n reeks van glikosaminoglikane (GAGs) en ekstrasellulêre strukturele glikoproteïene. |
|
|
Jellie-agtige stof wat hoofsaaklik bestaan uit glikosaminoglikane en glikoproteïene.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Verskille in die bindweefsel van been, vel en kraakbeen kan deels verduidelik word deur die verskille in die inhoud van die spesifieke komponente. Byvoorbeeld,
Verskille tussen die bindweefsels hang ook af van die drie-dimensionele organisasie van die molekulêre komponente. Die tipe I kollageen fibrille in 'n tendon is verpak in dik, parallelle bondels vesels, waar tipe I kollageen fibrille in die vel lukraak georïenteer is. In kortikale been, word tipe I kollageen fibrille rondom haverse kanale nergelê. |
|
Soogdiere, mense ingesluit, eet met tussenposes maar gebruik gedurig energie en gebruik daarom lipiede as 'n tydelike stoor plek vir energieryke materiale. Vet of adipose weefsel is 'n tipe bindweefsel wat gespesialiseerd is vir die berging van vette.Daar is twee duidelik onderskeibare adipose weefseltipes wat verskil met betrekking tot hul verspreiding, bloedvoorsiening en metaboliese funksies.
|
|
|
|