Bloed |
---|
|
Bloed was voorheen bestempel as die rivier van lewe en word geklassifiseer as 'n gespesialiseerde bindweefsel omdat dit selle en 'n ekstrasellulêre matriks in die vorm van plasma bevat. 'n Meer beskrywende definisie sal bloed kenmerk as a mengsel van selle, vloeistof, proteïene en metaboliete.
Bloed plasma bestaan uit ongeveer 91% water en 8% opgeloste stowwe. Die grootste hoeveelheid van die opgeloste stowwe bestaan uit proteïene waarvan albumiene, globuliene (teenliggaame ingesluit), fibrogene (stollings proteïene) en regulerings stowwe soos ensieme en hormone die belangrikste is. Ander opgeloste stowwe sluit in, elektroliete, voedingstowwe en afval produkte soos urea, kreatinien, uriensuur, ammonia en billirubien wat klinies 'n belangrike rol speel. Die plasma bevat ook opgeloste gasse soos O2, CO2 en stikstof. Serum is plasma sonder die stollingsproteïene. Histoloë en heamatoloë bestudeer gewoonlik bloed deur 'n smeer te maak op 'n glas plaatjie en dit dan met Romanovsky kleurstof te kleur. Hierdie kleurstof bevat kleurstowwe met verskillende affiniteite vir die sellulêre komponente van bloed. Die verhoudings tussen die hoeveelhede seltipes en hul morfologie is van belang in diagnoses. Die sellulêre elemente van bloed bestaan uit eritrosiete (rooibloedselle), leukosiete (witbloedselle) en trombosiete (bloedplaatjies). Rooibloedselle en bloedplaatjies is onderskeidelik verantwoordelik vir die vervoer van suurstof en bloed stolling, hoofsaaklik intravaskulêr. Die funksie van witbloedselle in die bloed is nog onbekend, maar hierdie selle se funksies in die weefsels is talryk. Leukosiete word in twee groepe verdeel naamlik granulosiete en agranulosiete.
|
|
Neutrofiel |
|
|
Limfosiet
|
|
|
Rooibloedsel
|
Soogdiere se rooibloedselle is 'n bikonkawe skyf sonder kern of organelle. Die selle is gespesialiseerd vir O2 en CO2 vervoer en bestaan hoofsaaklik uit die respiratoriese pigment hemoglobien. Rooibloedselle vertoon in bloed smere as helder pienk gekleurde selle met 'n ligter sentrale gedeelte. Sekere patologiese toestande veroorsaak veranderinge in hul kleur en morfologiese eienskappe. Vorm, grootte en kleur word dikwels gebruik om 'n besliste diagnose te maak.
Bloedplaatjies is nie ware selle nie. Dit is sitoplasmiese fragmente afkomstig van megakariosiete, groot voorloper selle wat in die beenmurg gevorm word. Bloedplaatjies bevat meeste van die gewone organelle, sowel as vier tipes granules. Op 'n bloedsmeer vertoon plaatjies 'n bleek blou perifere gebied, die hialomeer en 'n sentrale gebied, die granulomeer, wat klein azurofiliese granules bevat. Die granules bevat bemiddelaars wat 'n rol speel in beide stolling van bloed en vaskulêre herstel. Plaatjies heg vas aan beskadigde bloedvate om 'n sogenaamde plaatjie-prop te vorm. Ongelukkig kleef bloedplaatjies ook aan abnormale bloedvate en veroorsaak dan verstopping van koronêre arteries wat aanleiding gee tot 'n hartaanval. |
|