back  

Bloed

 

Hemopoiëse

  Bloedselvorming of hemopoiëse begin reeds teen die tweede week van embriologiese ontwikkeling wanneer bloed eilandjies wat primitiewe eritroblaste bevat, sigbaar word in die embriosak en liggaamsteeltjie. Teen die sesde week van ontwikkeling, verskyn primitiewe eritroblaste in die primordiale lewer en twee weke later begin granulêre en megakariosiete verskyn in die lewer sinusoïede. Later in ontwikkeling word die milt ook betrek as 'n gebied van hemopoiëse. Gedurende die vierde maand van ontwikkeling, neem hemopoëse af in die lewer en milt en beweeg na die rooibeenmurg wat die primêre gebied vir hemopoiëse postnataal is.

Alle bloedselle ontwikkel van stamselle in die beenmurg en gaan deur 'n komplekse maturasie proses voordat dit vrygestel word in die sirkulasie. Die ontwikkeling van rooibloedselle en bloedplaatjies staan bekend as eritropoiëse en trombopoiëse onderskeidelik, terwyl witsel ontwikkeling normaalweg verdeel word in granulopoiëse, monopoiëse en limfopoiëse.

Die teenwoordigheid van voorloperselle in die sistemiese sirkulasie is skaars en is gewoonlik 'n teken van ernstige patologie. Die enigste uitsondering is die verskyning van retikulosiete, die onmiddelike voorloper van die volwasse rooibloedsel. Hierdie selle word dikwels gebruik as 'n indikator vir rooibeenmurg aktiwiteit.

Die enigste sel wat ons van u sal verwag om uit te ken in 'n beenmurgsmeer is die megakariosiet. Dit is tot so groot as 100µm in diameter. Die onreëlmatige multi-lobêre kern bevat verspreide chromatin en vertoon geen nukleoli nie. Die sitoplasma is wyd verspreid en bevat fyn basofiliese granules.


Bloed siektes

 
  1. Anemie is die mees algemene bloedsiekte en word veroorsaak deur 'n hemoglobien tekort. Dit kan moontlik ook die resultaat wees van 'n verswakte rooiselvorming of 'n verhoogde afbraak.
    • Ystertekort anemie - bleek gekleurde (hipochromiese) en klein (mikrosietiese) rooiselle.
    • Sekelsel anemie - 'n punt mutasie in die hemoglobien molekule veroorsaak a sekelvormige rooisel.
    • Sferositose - abnormale rangskikking van die sitoskelet veroorsaak brose rooiselle, wat vinnig afgebreek word.

  2. Trombositopenie - 'n geweldige daling in die plaatjie tellings wat veroorsaak word deur die onderdrukking van die beenmurg.

  3. Leukemie
    • Chronies - die prolifererende selle is gedeeltelik gedifferensieerd byvoorbeeld metamïelosiete.
    • Akuut - die prolifererende selle is feitlik almal ongedifferensiëerde stam selle. Hierdie siekte toestand is aggresief en gewoonlik fataal.
back


© aug 202 marius loots