back  

Die lewer

   

Overview

 
Lewer siektes en die kliniese manifestasie daarvan van slegs verstaan word aan die hand van 'n grondige kennis van die normale struktuur en funksie van die lewer. Byvoorbeeld, kennis van die anatomie van die galblaas, vanaf kanalikulus tot by die gemeenskaplike galbuis, is nodig om die basis en verloop van obstruktiewe geelsug te verstaan. So kan sommige lewer afwykings en hul manifestasie slegs verstaan word in met inagneming van die funksionele kompleksiteit van die lewer.

Die histologie van die lewer word gewoonlik beskryf op grond van die kleiner eenhede, genoem lewer lobules. Die algemeenste beskrywing is die klassieke lewer lobule, wat bestaan uit 'n aantal lewer selle (hepatosiete), omring deur bindweefsel. So 'n lewer lobule is gewoonlik heksagonaal, met 'n sentrale vena in die middel. DIe lewer selle is gerangskik in plate; met bloedgevulde spasies, die sinusoïede, tussen die plate van selle. By elke hoek van die heksagonale lobule, word 'n triade aangetref. Elke triade bestaan uit 'n galbuisie, 'n vena (tak van die portale vena) en 'n arterie (tak van die hepatiese arterie).

Vark lewer het meer uitgesproke bindweefsel septae en word gebruik om die septae te demonstreer. Daar bestaan ook ander modelle om die lewer lobule te beskryf.

Die portale lobule het 'n galblaas, in die triade, in die middel. Die lobule is driehoekig.

'n Lewe asinus word beskryf op grond van die bloedvoorsiening. Die takke van die arteries vanaf die triades aan die kante van die hepatiese lobule, vorm die middel van hierdie lobule. Die lobule is ovaal en kan verder onderverdeel word in drie sones. Sone 1 is die naaste aan die arterie en sone 3 die verste (naaste aan die sentrale vena). Tydens ischemie is selle in sone 3 die vatbaarste vir sentro-lobulêre nekrose.

Met lewer sirrose oorleef die sentri-lobulêre selle gewoonlik, maar selle nader aan die bindweefsel septae het afgesterf. Die tipe patologie bepaal dus die toepaslike model van die lewer lobule.

Elke portale traktus of triade bestaan uit 'n galbuisie, arterie en vena. Soms kom meer as een arterie of vena voor. 'n Enkel laag kubiese epiteel voer die galbuisie uit.

Op elektron mikroskopiese vlak kan gesien word dat elke sinusoïede uitgevoer word met endoteliale selle en Kupffer selle (afkomstig vanaf monosiete). 'n Spasie word gevorm tussen die endoteliale selle en lewer selle. Dit word die perisinusoidale spasie van Disse genoem en is gevul met plasma wat uitlek vanaf die sinusoïede. Hier kom die lewer sel direk in kontak met die plasma. Retilulêre vesels is volop in die spasie van Disse, en kan gesien word in spesiaal gekleurde snitte.

Die bloedvoorsiening van die lewer is ingewikkeld en kan as volg opgesom word:

Fig Lewer01

Onthou dat die sinusoïede 'n mengsel van arteriële (25%, vanaf die hepatiese arterie) en veneuse (75%, vanaf die portale vena) bloed bevat. Die vloei van gal vind plaas in teenoorgestelde rigting as bloedvloei. Die gal kanalikuli open in die interlobulêre buisies, wat saamsmelt om groter galbuise te vorm. Indien die lewer met Berlyn blou ingespuit word, kleur die sinusoïede en sentrale vena blou.

Patologie

Elektron mikroskopie

Kliniese geval

Kliniese geval: Lewer 1
 
  • Curran R.C. 1978. Color Atlas of Histopathology. Oxford.
  • Ross M.H. and Romrell L.J. 1989. Histology: a text and atlas. Baltimore: Williams & Wilkens.
  • Tortora G.J. and Grabowski S.R. 1996. Principles of Anatomy and Physiology. Harper Collins.

Elaboration

 

Macroscopy

Microscopy


Plaatjies


Argief

back Central vein
© maart 2001 - julie 2008 marius loots