back  

Senuweeweefsel

 

Wat is senuweeweefsel?

 
Volledige neuron diagram

Public domain: Kunstenaar - LadyofHats
  • Coetzee et al p151-166
  • Stevens and Lowe p77-98
  • Wheater p117-142

Klassifikasie van senuweeweefsel

  Senuweeweefsel word opgebou uit twee seltipes naamlik neurone en neuroglia.
  1. Neurone is die basiese strukturele en funksionele eenheid van die senuweestelsel.
  2. Neuroglia vervul 'n ondersteunings- en voedingsfunksie.

Neurone

Plaatjie 26:
Rugmurg
Plaatjie 82:
Rugmurg
Plaatjie 60:
Serebellum


Neurone is die basiese strukturele en funksionele eenheid van die senuweestelsel. The sel bestaan uit 'n liggaam (perikarion) wat die kern en organelle bevat, asook een of meer sitoplasmiese uitlopers. Hierdie uitlopers kan een of meer dendriete wees met 'n enkele akson. Aksone gelei impulse na die ander neurone of effektors, terwyl dendriete die impulse ontvang vanaf die reseptore of ander neurone.

Neurone word geklassifiseer volgens:

  1. Morfologie:
    • Unipolêr - een uitloper, 'n enkele akson
    • Bipolêr - een akson en een dendriet
    • Multipolêr - een akson en 'n hele aantal dendriete
    • Pseudo-unipolêr - 'n akson en 'n dendriet wat vir 'n kort afstand saamgesmelt is voordat dit verdeel

  2. Funksie:
    • Afferente neurone gelei impulse na die SSS
    • Efferente neurone gelei impulse vanaf die SSS
    • Interneurone verbind afferente en efferente neurone in die SSS
    • Eksitatoriese (opwekkende) neurone stimuleer die volgende neuron
    • Inhiberende neurone onderdruk die volgende neuron

  3. Lengte van die akson:
    • Golgi tipe I neurone besit 'n lang akson wat die SSS verlaat
    • Golgi tipe II neurone besit 'n kort akson wat nie die SSS verlaat nie.

Neuroglia

  Neuroglia vervul 'n ondersteunings en voedings funksie.

  • Astrosiete verskaf fisiese ondersteuning en word onderverdeel:
    • Protoplasmiese astrosiete
    • Fibreuse astrosiete

  • Oligodendroglia vorm die miëlienskede in die SSS
  • Microglia is die makrofae van die SSS
  • Ependiem voer die ventrikels en die rugmurg uit.
Dit moet in gedagte gehou word dat die verskillende glia tipes van verskillende embriologiese oorsprong is, in verskillende gebiede geleë is en verskillende funksies verrig.

Sentrale en perifere senuweeweefsel

  Die senuwee stelsel word anatomies verdeel in die sentrale senuweestelsel (SSS) en die perifere senuweestelsel (PSS). Die SSS word omsluit deur 'n benige omhulsel en sluit die brein in die skedel en die rugmurg in die werwelkolom in.

Die PSS bestaan uit die volgende:

  1. Reseptore wat die stimulus waarneem en omskakel in 'n elektriese impuls. Reseptore is gespesialiseerde senuwee eindpunte of gespesialiseerde senuwee selle en word verdeel volgens:
    • Gebied - bv spierspoel binne in skeletspier
    • Tipe sintuig orgaan - bv vel of ingewande
    • Tipe stimulus - bv chemoreseptore of fotoreseptore

  2. Afferente afdeling, wat impulse vanaf die reseptore na die SSS gelei.

  3. Efferente afdeling wat bestaan uit 'n enkele motoriese neuron en wat die impulse vanaf die SSS gelei en wat onderverdeel word in die volgende:
    • Somatiese efferente afdeling wat die skeletspier voorsien
    • Autonomiese afdeling wat bestaan uit twee neurons, 'n preganglioniese en 'n postganglioniese neuron. Hierdie afdeling voorsien die viscera en word verder verdeel in die simpatiese en parasimpatiese afdelings.

Sinaps

  Daar is geen fisiese kontak tussen twee neurone nie, slegs 'n fisiologiese verbinding wat bekend staan as 'n sinaps.

Die presinaptiese akson eindig in 'n flesvormige struktuur, die eindvoetjie of "boutons terminaux". Daar is 'n spasie, die sinaptiese spleet, tussen die eindvoetjie en die selmembraan of postsinaptiese membraan van die postsinaptiese neuron. Die eindvoetjie bevat sinaptiese vesikels wat neurotransmittors vrystel. Hierdie oordragstowwe kan die postsinaptiese neuron stimuleer of inhibeer.


Miëlien

Plaatjie 32:
NeuromuskulÍre bondel
Die miëlienskede word deur Schwannselle gevorm in die PSS en deur oligodendroglia in die SSS.

Die miëlienskede dien as 'n biologiese insulasie om impulsgeleiding te fasiliteer. Omdat dit uit 'n aantal opeenvolgende lae selmembraan bestaan, is dit ryk aan fosfolipiede en cholesterol, wat die kleuringseienskappe beïnvloed. Die verbinding waar twee Schwannselle bymekaarkom en waar die akson nie deur miëlien bedek is nie, staan bekend as die Ranvier knoop.


Senuwees

  'n Dun, delikate bindweefsel laag, die endoneurium, omring die individuele senuweevesels (aksone). 'n Groot aantal senuweevesels word saamgebondel as senuweebondels of fascikuli en word omring deur die perineurium. Die senuweebondels is saam gerangskik as 'n senuwee wat omsluit word deur digte bindweefsel, die epineurium.

Ganglia

  Ganglia is neuronale oordragstasies in die PSS en bestaan uit:
  1. Neuron selliggaame
  2. Ondersteuningsselle (Schwannselle en stutselle)
  3. Losmasige bindweefsel .

Ganglia word onderverdeel in:

  1. Sensoriese ganglia
    1. Kraniale ganglia - geassosieer met kraniale senuwees
    2. Spinale ganglia - geassosieer met die dorsale wortels van die spinale senuwees
  2. Autonome ganglia - kan voorkom in die organe bv in die wand van die SVK

Siektes van die senuweestelsel

 
  • Motor neuron siekte - spontane afsterwe van die motoriese neurone veroorsaak skeletspier swakheid en uiteindelik die dood.
  • Veelvoudige sklerose is 'n auto-imuun toestand wat die miëlienskede aanval en jong mense is dikwels die teiken.

Senuweeweefsel plaatjies

Plaatjie 24 Wagner-Meissner liggaampie
 

Plaatjie 26 Multipolêre neurone: dwarssnit deur die rugmurg en spinaalganglion
 

Plaatjie 32 Dwarssnit deur perifere senuwee
 

Plaatjie 44 Motoriese eindes: Uitgepluisde skeletspier om motoriese senuwee-eindes van die perifere senuweestelsel te illustreer
 

Plaatjie 59 Perifere senuwee
 

Plaatjie 61 Astrosiete: snit deur serebrum
 

Plaatjie 82 Multipolêre neurone: dwarssnit deur die rugmurg en spinaalganglion met silwer gekleur
 

Plaatjie 93 Vater-Pacini liggaampie: snit deur die handpalmvel om die sensoriese senuwee-eindes van die perifere senuweestelsel te illustreer.
 

Plaatjie 98 Ependiem: snit deur choroïed pleksus
 

back


© aug 2002 -2006 marius loots