Spinaalganglion | Plaatjie 26 (H & E) |
Kliniese geval |
---|
Gedurende jou gemeenskapsdiens by 'n afgeleë kliniek in die Noordelike Provinsie, kom spreek 'n histeriese moeder met haar ernstig siek kleuter jou. Met jou ondersoek het die kind 'n temperatuur van 40,6°C.
Abnormaliteite van die outonome senuweestelsel sluit die volgende in: onreëlmatige dilatasie van die pupille, en sweet. Jy vind ook tekens van boonste motorneuron paralise, met swakheid, verhoogde diep tendon reflekse, en ekstensor plantare reaksies. Volgens die moeder het die kind 'n koors, mialgie, anoreksie, naarheid en braking vir die afgelope vyf dae gehad. Gedurende die ondersoek het die pasiënt in 'n koma verval gevolg deur 'n apnee. Met die outopsie vind jy Negri liggaampies binne in die neurone, verspreid deur die brein veral in die serebrale korteks, die Purkinje selle van die serebellum, en die dorsale spinaalganglia. Dit is 'n aanduiding van hondsdolheid.
|
Mikroskopie |
---|
'n Baie lae vergroting van die rugmurg en spinaalganglion om die posisie van die spinaalganglion aan te dui.
![]() Fig 026-003 |
'n Hoë vergroting van die spinaalganglion om die verskillende strukture waaruit dit opgebou is aan te dui.
![]() Fig 026-007 |
Memorandum | ||
---|---|---|
Kliniese Geval | Fig 26-007 | Fig 26-003 |
© april mm marius loots