Mumps virus

Spysverteringstelsel

In die lig van die belangrike sekreterende, absorberende, ekskretoriese en bewegingsfunksies van die SVK, is die kliniese belang van die stelsel en sy komponente vanselfsprekend. Dit is ook onmoontlik vir die klinikus om die fisiologie of patologie van die dermkanaal volledig te begryp sonder 'n grondige kennis van die histologie van die verskillende organe.

Alhoewel die primÍre funksie van die SVK - absorpsie van voedingstowwe en ekskresie van afvalstowwe - hoofsaaklik deur die mukosale oppervlak verrig word, is die prosesse afhanklik van die dieper spierlae vir gekoordineerde voortbeweging van voedsel deur die lumen. Die kompleksiteit van neurale en endokriene beheer van SVK sekresie en motiliteit en die rol daarvan tydens siektetoestande begin nou eers duidelik word.

  1. MindMap Extensive work in progress
  2. Werksboek - pdf
  3. Oorsig

  4. Plaatjies:

  5. Vir elke weefsel en orgaan, kyk na die volgende:
    • Lae vergroting histologie
    • HoŽ vergroting histologie
    • Kliniese anatomie
    • Funksie
    • Patologie
  6. Kry die plaatjies in die histologie praktiese boek en voltooi die opdragte vir elkeen.

Argief

  1. Spysverteringstelsel

back
© januarie 2001 - maart 2009 Kodering: marius loots