Been |
---|
Been is ‘n gespesialiseerde vorm van bindweefsel wat uit selle, vesels en ekstrasellulêre matriks bestaan. Dit verskil van ander bindweefsel in die sin dat die ekstrasellulêre elemente gekalsifiseer is en dit dus omskep in ‘n harde tog elastiese struktuur wat hoë stress en druk kan weerstaan. Been se beskermings en ondersteunings funksies word dikwels beklemtoon tenkoste van been se rol in die kalsium en fosfaat homeostase.
Meeste bene het ‘n digte buitenste korteks wat bestaan uit kompakte been en ‘n binneste trabekulêre gebied wat ook bekend staan as sponsbeen. Die gesnyde oppervlakte van kompakte been vertoon solied, terwyl die gesnyde oppervlakte van sponsbeen die voorkoms van ‘n spons het. |
|
|
Beenselle osteo-voorloper selle, osteoblaste, osteosiete en osteoklaste. Elke sel het ‘n spesifieke funksie met betrekking tot been fisiologie.
|
|
Been bevat ‘n gespesialiseerde ekstrasellulêre matriks naamlik osteoied. Osteoied is ‘n Tipe I kollageen wat ingebed is in ondersteunende glikosaminaglikaan gel wat proteïene soos byvoorbeeld osteokalsien bevat. Osteokalsien het ‘n hoë affiniteit vir kalsium. Dit word gesintetiseer en gesekreteer deur die osteoblaste en word normaalweg neergelê in reëlmatige parallele plate bekend as lammelêre been. Na die maturasie fase stel die osteoblaste die opgehoopte kalsium en fosfate vry wat dan hidroksiapatiet kristalle vorm en groei met opeenhoping.
Been word gedurig gehermoduleer deur nuwe been neerslae en mineralisering deur aktiewe osteoblaste en selektiewe resorpsie deur osteoklaste. |
|
Been in die fetus ontwikkel op twee maniere:
|
|
|
|