![]() |
Senuweeweefsel |
---|
|
|||
|
Senuweeweefsel word opgebou uit twee seltipes naamlik neurone en neuroglia.
|
|
|
Neurone is die basiese strukturele en funksionele eenheid van die senuweestelsel. The sel bestaan uit 'n liggaam (perikarion) wat die kern en organelle bevat, asook een of meer sitoplasmiese uitlopers. Hierdie uitlopers kan een of meer dendriete wees met 'n enkele akson. Aksone gelei impulse na die ander neurone of effektors, terwyl dendriete die impulse ontvang vanaf die reseptore of ander neurone.
Neurone word geklassifiseer volgens:
|
Neuroglia vervul 'n ondersteunings en voedings funksie.
|
|
Die senuwee stelsel word anatomies verdeel in die sentrale senuweestelsel (SSS) en die perifere senuweestelsel (PSS). Die SSS word omsluit deur 'n benige omhulsel en sluit die brein in die skedel en die rugmurg in die werwelkolom in.
Die PSS bestaan uit die volgende:
|
|
Daar is geen fisiese kontak tussen twee neurone nie, slegs 'n fisiologiese verbinding wat bekend staan as 'n sinaps.
Die presinaptiese akson eindig in 'n flesvormige struktuur, die eindvoetjie of "boutons terminaux". Daar is 'n spasie, die sinaptiese spleet, tussen die eindvoetjie en die selmembraan of postsinaptiese membraan van die postsinaptiese neuron. Die eindvoetjie bevat sinaptiese vesikels wat neurotransmittors vrystel. Hierdie oordragstowwe kan die postsinaptiese neuron stimuleer of inhibeer. |
|
|
Die miëlienskede word deur Schwannselle gevorm in die PSS en deur oligodendroglia in die SSS.
Die miëlienskede dien as 'n biologiese insulasie om impulsgeleiding te fasiliteer. Omdat dit uit 'n aantal opeenvolgende lae selmembraan bestaan, is dit ryk aan fosfolipiede en cholesterol, wat die kleuringseienskappe beïnvloed. Die verbinding waar twee Schwannselle bymekaarkom en waar die akson nie deur miëlien bedek is nie, staan bekend as die Ranvier knoop. |
'n Dun, delikate bindweefsel laag, die endoneurium, omring die individuele senuweevesels (aksone). 'n Groot aantal senuweevesels word saamgebondel as senuweebondels of fascikuli en word omring deur die perineurium. Die senuweebondels is saam gerangskik as 'n senuwee wat omsluit word deur digte bindweefsel, die epineurium. | |
Ganglia is neuronale oordragstasies in die PSS en bestaan uit:
Ganglia word onderverdeel in:
|
|
|
|