Die selDie basiese struktuur gemeenskaplik aan alle selle word in hierdie elektronmikrograaf van die lewer geillustreer.
Fig EM001 |
|
Die SelmembraanAlle selle is deur 'n membraan omhul en in hierdie mikrograaf word drie selmembrane gewys. Hierdie is 'n baie hoë vergroting van die selmembrane. Geen ander organelle is in die mikrograaf teenwoordig nie.
Fig EM002 |
|
|
In die volgende mikrograaf wat ook met aspekte van die selmembraan te doen het, identifiseer die strukture wat nos. 2 & 4 in Fig EM003 gemerk is:
Fig EM003 |
|
Die KernDie kern bevat DNA, RNA en nukleoproteïene. In hierdie mikrograaf word die verskillende strukture wat hierdie komponente bevat in die kern geillustreer.
Fig EM004 |
|
|
Hierdie mikrograaf is weereens 'n snit deur die kern maar is hier tangensiaal of skuins gesny sodat sekere strukture soos die kernporieë duideliker gesien kan word.
Fig EM005 |
|
Strukture geassosieer met proteïen en lipied sinteseProteïene is 'n belangrike onderdeel van die strukturele komponente van die sel. Die Hoof organelle wat met proteïensintese te doen het is die kern en die ribosome. In die volgende mikrograaf word van hierdie strukture geillustreer.
Fig EM006 |
|
|
Die volgende mikrograaf illusteer 'n ander tipe endoplasmiese retikulum. Identifiseer die strukture wat nos. 1 & 3 in Fig EM003 gemerk is:
Fig EM003 |
|
Strukture geassosieer met sekresieBinne die gekompartimentaliseerde sitoplasma word verskillende stowwe in die sel vervoer. 'n Sisteem bestaan in die sel wat oplosbare en membraan proteïene van die endoplasma na die Golgi vervoer.
Fig EM007 |
|
Strukture geassosieer met energie produksie en stoorSellulêre funksies is afhanklik van 'n konstante voorraad energie. Die mitochondria vervul hierdie funksie.
Fig EM008 |
|
|
Meeste selle genereer en stoor glukose en vetsure waar hulle in een of ander vorm soos sellulêre respirasie (glikolise) gebruik word. In hierdie mikrograaf word van hierdie strukture geillustreer.
Fig EM009 |
|