back

Fundus van maag Plaatjie 37

Die volgende vyf figure demonstreer die verskillende strukture van die fundus van die maag.

Kliniese geval
'n Manlike pasiënt en selferkende werkolis kla van skerp, brandende of knaende epigastriese pyn.

Die pyn kom gewoonlik 90min tot 3 uur na 'n maaltyd en maak hom gereeld gedurende die nag wakker. Dit word binne minute deur kos of antiteensuurmiddels verlig of na braking. Die braaksel proe gewoonlik suur.

Barium radiografiese ondersoek identifiseer een gastriese en twee duodenale ulkusse.

  • Wat gebeur met die epiteel by die esofagus-maagoorgang?
  • Lys die verskillende selle wat in die gastriese kliere in die verskillende dele van die maag voorkom.
  • Hoe verskil die mukosa van die maag ten opsigte van die gastriese kliere in die verskillende dele van die maag?
  • Watter van hierdie selle vertoon basofilies en hoekom?
  • Wat is kenmerkend van die struktuur en kleuring van 'n deksel en hoekom?
  • Hoe word die mukosa van die maag onderskei van dié van die duodenum?
  • Wat is die verskil tussen rugae en plicae circulares?
  • Watter strukture projekteer in die lumen van die duodenum en watter invagineer in die mukosa in?
  • Wat is die verskil tussen villi en mikrovilli en waar kom hulle voor?
  • Wat is 'n Panethsel en waar word dit gevind?
  • Watter senuweepleksusse word in die maag en derms gevind?
  • Waar kom Brunnerkliere voor en wat sekreteer hulle?
Mikroskopie

'n Baie lae vergroting van die fundus van die maag om die rugae en lae aan te toon.

Fig 37-001
Fig 37-001


'n Lae vergroting van die fundus van die maag om die mukosa en submucosa aan te toon.

Fig 37-002
Fig 37-002


'n Hoër vergroting van die mukosa van die maagfundus om die strukture aan te dui.

Fig 37-003
Fig 37-003


'n Baie hoë vergroting van die basis gedeelte van 'n gastriese klier.

Fig 37-004
Fig 37-004


'n Hoë vergroting van die luminale gedeelte van die mukosa om die verskillende strukture aan te toon.

Fig 37-005
Fig 37-005


Memorandum
Kliniese Geval Fig 37-001 Fig 37-002
Fig 37-003 Fig 37-004 Fig 37-005

back
© april mm marius loots