back

Hart Plaatjie 47 (Masson se trichroom)

Die plaatjie van die hart is 'n snit deur 'n gedeelte van die hart. Die rooi vierkant in die diagram illustreer die gebied van die hart waar die snit geneem is.

Diagram 1
Diagram 1


Oriëntasie ten opsigte van die strukture op die plaatjie.

Die volgende diagram is 'n voorstelling van die strukture en hulle posisies op die plaatjie.

Oriënteer jouself ten opsigte van die plaatjie deur die plaatjie teen die lig op te hou en dieselfde strukture soos aangedui in diagram 2 te identifiseer.

Diagram 2
Diagram 2


Diagram 3
Diagram 3


Mikroskopiese strukture van die hart

Struktuur van die miokardium

Op jou eie plaatjie identifiseer dieselfde strukture om die korrekte posisie en groote van hierdie strukture onder die mikroskoop te kry.

Masson se trichroomkleuring kleur spier pers-rooi en bindweefselelemente groen terwyl senuweekomponente 'n ligter pers-rooi kleur.

Lae vergroting van die komponente van die miokardium.

Fig 47-001
Fig 47-001


Hoër vergroting van die verskillende komponente van die miokardium

Fig 47-002
Fig 47-002

Wat word die bindweefsel wat die hartspiervesels omring genoem?

Waarmee verbind bogenoemde bindweefsel aan die binne en buite kante van die miokardium?


Struktuur van die senuweekomponente

Lae vergroting van die senuweekomponente van die hart.

Fig 47-003
Fig 47-003


Hoë vergroting van senuweekomponente om die kardiale neurone aan te toon.

Fig 47-004
Fig 47-004

In watter laag van die hart word die strukture wat 1 & 2 in Fig 47-004 gemerk is, gewoonlik gevind?


Struktuur van die kleppe

Lae vergroting van die ontstaan van 'n klep as 'n vou van die endokardium.

Fig 47-005
Fig 47-005


Baie hoë vergroting om die struktuur van 'n halfmaanvormige klep aan te toon.

Fig 47-006
Fig 47-006


Struktuur van die endokardium

Hoë vergroting van die endokardium om die lae aan te toon.

Fig 47-007
Fig 47-007


Struktuur van die aorta

Lae vergroting van die begin van die aorta om die struktuur van die media gekleur met Masson se trichroom aan te dui. (Die tunica intima is nie duidelik en adventitia is weggeskeur.)

Fig 47-008
Fig 47-008


Baie hoë vergroting van die tunica media om die verskillende strukture aan te toon.

Fig 47-009
Fig 47-009


Memorandum
Kliniese Geval Fig 47-001 Fig 47-002
Fig 47-003 Fig 47-004 Fig 47-005
Fig 47-006 Fig 47-007 Fig 47-008
Fig 47-009    

back


© januarie mmi - 202 marius loots