back
Mamma Plaatjie 57 (H & E)

Hierdie plaatjie demonstreer die verskillende strukture waaruit die mamma opgebou is.

Kliniese geval
'n Jong vroulike pasiënt konsulteer u as gevolg van 'n knop in haar linker bors wat sy gedurende self ondersoek opgelet het. Haar ouma van ma se kant het van borskanker gesterf.

Fisiese ondersoek toon 'n harde nodule in die buitenste boonste kwadrant van die regter bors. Die tepel en areolae vertoon normal met geen afskeiding nie. Hoewel 'n mammogram negatief is besluit u om haar wel na 'n chirurg te verwys.

Die daaropvolgende histopatologiese verslag dui op 'n uitgebreide buiskarsinoom in situ.

  • Wat is die ductuli lactiferi?
  • Hoe word die melkklier geklassifiseer?
  • Hoe word die melkklier onderverdeel?
  • Watter epiteel voer die alveoli uit?
  • Hoe word die alveoli van die mamma onderskei onder 'n mikroskoop?
  • Wat is mioepiteelselle en waar word hulle gevind?
  • Hoe word tussen 'n lakterende en nie-lakterende melkklier histologies onderskei?
Mikroskopie

Hierdie is 'n lae vergroting van 'n onaktiewe mamma om die verskillende strukture aan te toon.

Fig 57-001
Fig 57-001


Hierdie is 'n hoër vergroting van 'n onaktiewe mamma om die klierweefsel aan te toon.

Fig 57-002
Fig 57-002


Hierdie is 'n lae vergroting van 'n aktiewe mamma om die verskillende strukture aan te toon.

Fig 57-003
Fig 57-003


Hierdie is 'n baie hoë vergroting van die klieralveoli van 'n aktiewe mamma om die selle en weefsel aan te dui.

Fig 57-004
Fig 57-004


Hierdie is 'n lae vergroting van 'n voorbeeld van karsinoom wat beperk is tot die buise van die mamma.

Fig 57-004
Fig Curran1208


Hierdie is 'n hoë vergroting van 'n voorbeeld van karsinoom wat beperk is tot die buise van die mamma.

Fig 57-004
Fig Curran1209


Memorandum
Kliniese Geval Fig 57-001 Fig 57-002
  Fig 57-003 Fig 57-004

back


© junie mm marius loots