| Dikvel | Plaatjie 93 (H & E) |
| Kliniese geval |
|---|
|
As praktisyn in 'n klein dorpie langs die see word u laat een Saterdag middag deur 'n manlike pasiënt met pynlike sonbrand gekonsulteer. Volgens die pasiënt het hy gaan swem en op die strand aan die slaap geraak.
Die vel van sy rug het ernstige eriteem met blaasvorming opgedoen.
|
| Mikroskopie |
|---|
|
Hierdie is 'n baie lae vergroting om die lae van die handpalmvel wat as dikvel geklassifiseer word, aan te toon.
Fig 93-002 |
|
Hierdie is 'n hoër vergroting van dikvel om die epidermis en papillêre laag van die dermis aan te dui.
Fig 93-003 |
|
Hierdie is 'n hoë vergroting van dikvel om die retikulêre laag van die dermis en die sekretoriese eenhede en afvoerbuis van 'n sweetklier aan te dui.
Fig 93-004 |
| Memorandum | |||
|---|---|---|---|
| Kliniese Geval | Fig 93-002 | Fig 93-003 | Fig 93-004 |
© junie mm marius loots