- Hanteer die mikroskoop slegs aan die raam.
- Haal mikroskoop uit kas onder tafel en plaas op die bank.
- Maak seker daar is nie drade, boeke of penne onder die voetstuk nie.
- Draai die reostaat na 5.
- Maak kondensor iris heeltemal oop.
- Draai die kondensor tot heel onder.
- Klamp 'n plaatjie op die tafel in posisie vas en verstel die tafel stelskroewe totdat die weefsel direk onder die objektief is. Let op dat dekglasie na bo wys.
- Skakel mikroskoop aan.
- Draai kondensor tot direk onder die plaatjie.
- Verstel jou stoel tot die vlak van jou oë effe hoër is as die vlak van die okulêre.
- Kyk deur enige van die twee okulêre en verstel die lig (mbv die reostaat) tot 'n gemaklike vlak (5-8).
- Beweeg die okulêre so ver moontlik uitmekaar.
- Hou jou oë ongeveer 2 cm vanaf die okulêre.
- Beweeg die okulêre stadig nader aan mekaar tot jy twee sirkels of twee half-sirkels sien.
- Beweeg die okulêre versigtig nader aan mekaar tot slegs een sirkel gesien word.
Kontrole:
- Hou jou linker oog toe. Jou regter oog moet 'n beeld sien sonder om jou kop te beweeg. Die regter oogstuk het meesal 'n wyser in. Die wyser moet sigbaar wees.
- Hou jou regter oog toe. Jou linker oog moet 'n beeld sien sonder om jou kop te beweeg. Indien die regter oogstuk 'n wyser het, moet dit nie sigbaar wees nie.
- Maak albei oë oop. Jy moet een beeld met beide oë sien. Indien jou mikroskoop 'n wyser het, moet dit met albei oë gesien word.
- As jy een beeld met beide oë sien, is jy reg om die mikroskoop te fokus.
- Maak seker dat die 4x objektief in posisie bo die plaatjie is.
- Hou jou linker oog toe.
- Draai die growwe stelskroef en fokus die beeld deur die regter okulêr.
- Fyn fokus die regter beeld deur die fyn stelskroef te draai.
- Hou die regter oog toe.
- Fokus die linker beeld deur die diopter stelskroef te draai.
- Maak albei oë oop en fokus die enkel beeld deur die fyn stelskroef te draai. Hierna is dit nie meer nodig om die diopter stelskroef te stel nie.
- Draai die neusstuk sodat die 10x objektief bo die kondensor in posisie kliek.
- Fokus die beeld met slegs die fyn stelskroef.
- Draai die neusstuk sodat die 40x objektief bo die kondensor in posisie kliek.
- Fokus weer die beeld met slegs die fyn stelskroef.
© julie mm marius loots