back  

Kraakbeen

 

Wat is kraakbeen?

  Kraakbeen is ‘n gespesialiseerde vorm van bindweefsel en bestaan uit selle wat in ‘n ferm, jel-agtige ekstrasellulêre matriks ingebed is. Hierdie ESM is saamgestel uit proteoglikaan aggregate. Die weefsel is avaskulêr en bevat geen senuwees nie. Die selle, chondrosiete is in sel nessies of te wel Lakunaee, gerangskik en ontvang voeding deur middel van diffusie.

Die grootste deel van die skelet van die ontwikkelende embrio bestaan aanvanklik uit kraakbeen wat later deur been vervang word. In die volwassene word die weefsel in spesifieke kraakbeen strukture aangetref, en dien ook as ‘n voering vir artikulêre oppervlaktes soos byvoorbeeld in die knie.

Drie tipes kraakbeen kan onderskei word op grond van die hoeveelheid ekstrasellulêre matriks en die relatiewe afwesigheid van kollageen en elastiese vesels in die matriks.


Hialiene kraakbeen

Hialiene kraakbeen Hialiene kraakbeen Die matriks van hialiene kraakbeen besit ‘n glasagtige, homogene, amorfe voorkoms en word omring deur ‘n dun lagie bindweefsel, die perichondrium. Die perichondrium vertoon ‘n buitenste fibreuse laag en ‘n binneste meer sellulêre laag. Laasgenoemde dien as ‘n bron van nuwe kraakbeen selle.

Die matriks is hoogs gehidreer en bevat ongeveer 70% water. Die matriks bevat kollageen tipe II fibrille en proteoglikane. Die proteoglikane vertoon basofilies en is sigbaar as ‘n gebied wat intens kleur in die onmiddelike gebied wat die Lakunaee omring.

Chondrosiete is ryk aan glikogeen en lipiede wat verlore gaan gedurende die voorbereiding van die plaatjie en daarom kleur hulle slegs effens. Jonger, aktiewe selle kan basofiliese areas vertoon.

  • Coetzee et al p84-88
  • Stevens en Lowe p60-61
  • Wheater p172-174

Elastiese kraakbeen

Hialiene kraakbeen Hialiene kraakbeen Elastiese kraakbeen is soortgelyk in voorkoms as hialiene kraakbeen, maar inteenstelling met die kollageen vesels in hialiene karaakbeen bevat elastiese kraakbeen ‘n meerderheid vertakkende elastiese vesels wat aan vars preperate ‘n gelerige voorkoms gee. Die elastiese vesels is sigbaar met elastien kleurings metodes.

Fibreuse kraakbeen

Hialiene kraakbeen Fibreuse kraakbeen kan gesien word as ‘n kombinasie van digte bindweefsel en kraakbeen. Fibreuse kraakbeen verskil van hialiene en elastiese kraakbeen in die opsig dat dit intens asidofilies kleur asgevolg van die hoë kollageen inhoud.

Die chondrosiete kan in parallelle rye ten opsigte van die kollageen veselbondels, individueel verspreid of in pare gerangskik wees.

'n Perichondrium is afwesig in fibreuse kraakbeen.


Kraakbeen plaatjies

Plaatjie 73 Hialiene kraakbeen: trachea (H/E)
a

Plaatjie 9 Elastiese kraakbeen: Oor
a

Plaatjie 10 Veselagtige kraakbeen: dwars en lengtesnit deur tendon voor aanhegting aan been
a

back


© aug 2002 -2006 marius loots