back

Eksokriene kliere

Klierepiteel

Eensellige kliere

Ileum Plaatjie 41 (H & E)

Die volgende twee figure illustreer die struktuur van 'n eensellige klier

'n Hoë vergroting van die ileum om die struktuur van 'n bekersel as 'n voorbeeld van 'n eensellige klier aan te toon.

Fig Fig 41-006
Fig 41-006
Wheater 3 Ed p.88 of 4e Ed p.92
'n Baie hoë vergroting van 'n bekersel om die struktuur van die sel aan te dui.

Fig Fig 41-007
Fig 41-007
Wheater 3e Ed p.88 of 4e Ed p.92

Eenvoudige meersellige kliere

Die volgende vier figure demonstreer die verskillende meersellige kliere wat in die liggaam gevind word.

Kolon Plaatjie 42 (H & E)

Die volgende twee figure illustreer die struktuur van 'n eenvoudige reguit tubuleuse klier.

'n Baie lae vergroting van die kolon om eenvoudige reguit tubuleuse kliere aan te dui.

Fig Fig 42-002
Fig 42-002
Wheater 3e Ed p.90 of 4e Ed p.94

'n Lae vergroting van die kolon om die struktuur van 'n eenvoudige reguit tubuleuse klier aan te dui.

Fig Fig 42-003
Fig 42-003
Wheater 3e Ed p.90 of 4e Ed p.94

Vel Plaatjie 93 (H & E)

Kliniese geval
'n 26-jarige baie gesette manlike pasiënt besoek sy huisdokter en kla van oormatige sweet wat hom groot verleentheid besorg.

Sy dokter verduidelik dat hy 'n toestand genoem hiperhidrose het wat die oormatige produksie van sweet is en wat as gevolg van sy oorgewig veroorsaak word. Die oormatige sweet is 'n poging van sy liggaam om hitte te verloor.

  • Wat is die verskillende strukture van 'n merokriene sweetklier?
  • Hoe verskil hierdie strukture histologies van mekaar?
  • Waar open merokriene sweetklier op die liggaam?
  • Watter ander tipes sweetkliere word in die liggaam gevind en waar kom hierdie kliere voor?

Die volgende figuur illustreer die struktuur van 'n eenvoudige gekronkelde tubuleuse klier.

'n Hoë vergroting van die vel om die struktuur van 'n eenvoudige gekronkelde tubuleuse klier (sweetklier) aan te toon.

Fig Fig 93-001
Fig 93-001
Wheater 3e Ed p.90 of 4e Ed p.94

Kopvel Plaatjie 95 (H & E)

Kliniese Geval
'n 18-jarige vrou bring 'n besoek aan 'n dermatoloog omdat sy puisies op haar ken, bors en rug het. Sy sê dat sy puisies en swartkoppies in dieselfde areas vandat sy 13-jaar oud is reeds het. Haar huisdokter het haar vertel dat sy acne vulgaris het en mettertyd dit sal ontgroei. Sy raak nou baie bekommerd omdat wanneer elke letsel genees dit 'n litteken agterlaat. Haar dermatoloog vertel haar dat haar aknee deur 'n toename in afskeiding van talg en verstopping van die afvoerbuis veroorsaak word. The inflammatoriese reaksie wat ontwikkel kan deur die toediening van sistemiese antibiotika en lokale steroïede suksesvol behandel word.
  • Noem al die plekke waar talgkliere in die liggaam gevind word.
  • Waar open die afvoerbuise van talgkliere gewoonlik?
  • Op watter manier word die talg deur die selle afgeskei?

Die volgende figuur illustreer die struktuur van 'n eenvoudige alveolêre klier.

'n Lae vergroting van die vel om die struktuur van 'n talgklier as 'n voorbeeld van 'n eenvoudige alveolêre klier aan te toon.

Fig Fig 95-001
Fig 95-001
Wheater 3e Ed p.91 of 4e Ed p. 95

Saamgestelde meersellige kliere

Die volgende figuur demonstreer die struktuur van 'n saamgestelde meersellige klier.

Pankreas Plaatjie 50 (H & E)

'n Hoë vergroting van die eksokriene pankreas om die struktuur van 'n saamgestelde tubulo-alveolêre klier aan te toon.

Fig Fig 50-007
Fig 50-007
Wheater 3e Ed p.91 of 4e Ed p. 95


Memorandum
Kliniese Geval Fig 41-006 Fig 41-007 Fig 42-002
Fig 42-003 Fig 93-001 Fig 95-001 Fig 50-007

back


© september mm marius loots